Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING
"Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING [boodskap #28253] Di, 30 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Villanelle (vir Koos)
Ferdi Greyling

Die mure van die dag stort nou ineen.
Geen lig kan jou beskerm teen die nag.
Donkerte val oor die stad soos reën.

Huise, mense, en alles van die dag
sink in die donkerte wat om jou vou.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Die dowwe val van deure in die nag
die enigste musiek wat opklink nou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Woorde wat gister blink was in die dag
val vandag glansloos, dood en sonder krag.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Geen maan of sterre skyn in hierdie nag.
Diep in swart koue is jy nou gevou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Oor die eens heldere stad van my dag
lê daar nou hierdie skadu van jou nag.
Die mure van die dag stort nou ineen.
Donkerte val op die stad soos reën.
Re: "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING [boodskap #52349 is 'n antwoord op boodskap #28253] Vr, 26 Oktober 2001 04:48 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Met geringe wysiginge kan hierdie resitasie se titel na "Hillbrow" verander
word ...
skryf in boodskap news:3BD89D75.402B6B83@home.com...
Swart Villanelle
Ferdi Greyling

Die mure van die dag stort nou ineen.
Geen lig kan jou beskerm teen die nag.
Donkerte val oor die stad soos reën.

Huise, mense, en alles van die dag
sink in die donkerte wat om jou vou.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Die dowwe val van deure in die nag
die enigste musiek wat opklink nou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Woorde wat gister blink was in die dag
val vandag glansloos, dood en sonder krag.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Geen maan of sterre skyn in hierdie nag.
Diep in swart koue is jy nou gevou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Oor die eens heldere stad van my dag
lê daar nou hierdie skadu van jou nag.
Die mure van die dag stort nou ineen.
Donkerte val op die stad soos reën.
Vorige onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:15:16 MGT 2024